Jy kan jou punte verbeter met tot 30% as jy die regte studiemetodes gebruik en elke dag hard werk!
Jy voel dalk nie meer gemotiveerd om te leer nie, want jy is nie tevrede met jou rapport nie.
Deur die regte studiemetodes te gebruik, en jou leerstyl te ken en verstaan, kan jy die punte kry wat jy graag wil hê.
Elke kind is anders en elkeen se manier van dink is uniek. Dit is daarom belangrik dat leerders hulle eie werk opsom. Opsom is ‘n integrale deel van die leerproses en die waarde daarvan moenie onderskat word nie. Daar is verskillende opsom tegnieke wat gebruik word vir verskillende vakke. Jou Afrikaanse en Wiskunde opsommings gaan nie dieselfde lyk as opsommings vir jou leervakke nie.
Memorisering behels meer as om net deur jou werk lees voor ‘n toets. Baie leerders som hulle werk goed op, maar doen die proses van memorisering verkeerd. Dit is baie belangrik om jou werk op die regte manier te memoriseer volgens jou leerstyl. Deur die regte memoriserings tegniek te gebruik, sal eksamen vrees en “blank slaan” tydens ‘n toets nie ‘n probleem wees nie.
Studiemetodes Werkswinkels
Al ons studiemetodes werkswinkels begin met ’n aanlyn vraelys waar ons bepaal wat die leerder se leerstyl, persoonlikheidstipe en brein dominansie voorkeur is. Daarna volg die praktiese werksessie waar ons kinders leer hoe om op te som en reg te memoriseer volgens hulle leerstyl. Ons fokus op praktiese tegnieke en ons metodes is maklik om te onthou en toe te pas. Ons bied Afrikaanse en Engelse klasse aan.
Ons het 3 opsies beskikbaar. Al 3 opsies sluit ’n aanlyn leerstyltoets in. In al 3 die werkswinkels leer ons die kinders op ’n praktiese manier hoe om te som, te memoriseer, tydsbeplanning te doen, ensovoorts.
Studiemetodes Opsie 1
In-persoon werkswinkel
Die in-persoon werkswinkel word aangebied op ons perseel in Olympus, Pretoria-Oos. Die werkswinkel is sowat 3 ure lank. Daar is maksimum 4 leerders teenwoordig tydens die sessie.
R2500,00Original price was: R2500,00.R1899,00Current price is: R1899,00.
Studiemetodes Opsie 2
Zoom werkswinkel
Zoom werkswinkel. Hierdie werkswinkel is ideaal vir leerders wat ver van Pretoria af woon, maar steeds individuele aandag wil hê. Werkswinkel is 2 tot 3 ure lank .
R2300,00Original price was: R2300,00.R1899,00Current price is: R1899,00.
Studiemetodes Opsie 3
Aanlyn videokursus
Die aanlyn videokursus is die verkorte, kompakte weergawe van ons werkswinkel. Dit is omtrent 45 minute na ‘n uur lank. Leerders het ‘ n maand tyd om deur die videos te werk. Hierdie kursus is ideaal vir leerders met self dissipline wat op hulle eie kan werk. Ons beveel dit aan vir hoërskoolleerlinge.
Ons studiemetodes program vir Universiteit studente is ontwikkel om voorgraadse en nagraadse studente te help om reg te studeer asook hoe om tydspbeplanning te doen vir die beste resultate. Die program is ontwikkel saam met huidige en voormalige studente.
Eksamentyd kan stresvol wees — vir kinders én ouers. Dit kan voel asof daar nie genoeg ure in die dag is nie. Om nie eers te praat van die moegheid en uitputting nie. Veral leerders wat elke dag ‘n vak skryf kan maklik oorweldig voel. Net so kan leerders in die hoër grade voel dat…
Baie ouers ken die situasie goed. ’n Kind sit lank voor sy huiswerk, maar kry min gedoen. Hulle stel werk uit, raak emosioneel, verloor maklik fokus, of lyk skielik asof hulle nie meer omgee oor skoolwerk nie. Die eerste reaksie is dikwels:“Hy is net lui.” Maar wat as dit nie die werklike probleem is nie?…
Jou kind sit en leer vir ure. Hulle lees deur die werk. Hulle kyk na die notas. Hulle sê selfs: “Ek verstaan dit.” Maar in die toets…is dit asof die werk net weg is. As dit bekend klink, is jy nie alleen nie. Die belangrikste ding om te verstaan is die volgende:👉 Dit gaan nie…
Subscribe aan ons YouTube kanaal vir weeklikse wenke oor hoe om te leer vir verskillende vakke. Kliek op die YouTube knoppie om te subscribe. Subscribe to our YouTube channel for weekly tips on how to study for different subjects. Click the YouTube button to subscribe.